Prikkelbaarheid (biologie)

NIOSH Impulse Noise Laboratory wys op 'n kunsmatige wyse die prikkelbaarheid van gehoor.

‘n Prikkel word gedefinieer as enige skielike toestandsverandering wat 'n reaksie in 'n organisme kan uitlok. Prikkelbaarheid is die vermoë van die organisme om op die prikkel te kan reageer. Dit word by alle lewende organismes aangetref, hoewel die kompleksiteit daarvan geweldig verskil.

Die hoër ontwikkelde organismes het spesiale sintuie vir bepaalde prikkels ontwikkel. Om 'n reaksie te kan uitlok, moet 'n prikkel 'n sekere sterkte (drempelwaarde) hê. Elke sintuig reageer op 'n bepaalde prikkel maar sintuie kan soms ook op ander prikkels as waarvoor hulle bedoel is, reageer. Die studie van die reaksie van diere op prikkels vorm 'n deel van die gedragsleer of etologie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search